Koppelaar

Enkele droëkoppelaarwrywingskyf.

'n Koppelaar is 'n onderdeel van 'n enjin se dryfstelsel wat ontwerp is om die koppeling of ontkoppeling van die enjin met 'n aangedrewe apparaat te bewerkstellig.

In sy eenvoudigste toepassing, koppel en ontkoppel koppelaars twee roterende aste (ry-aste of lyn-aste). In hierdie toestelle, is een as gewoonlik verbind aan 'n enjin of 'n ander krageenheid, terwyl die ander as (die gedrewe onderdeel) die uitsetting bied vir die aksie.

In 'n wringkragbeheerde boormasjien, word een as deur 'n motor aangedryf en die ander as dryf die boorpunt. Die koppelaar verbind die twee aste, sodat hulle saam gesluit kan word en teen dieselfde spoed draai. Saam draai hulle teen verskillende snelhede (gly), of ontsluit en draai hul teen verskillende snelhede (ontkoppel).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search